Matopi - `n Eerste

deur Hermiene van Staden

 

Mens onthou altyd ʼn eerste keer die beste. Die eerste keer wat jy jou eie motor gekry het. Die eerste keer wat jy verlief was, die eerste keer... Hoeveel te meer is die eerste keer wat werklike ewigheidswaarde het nie besonders nie. Daarom was dit ʼn besonderse voorreg om na Motopi Reformed Church te gaan vir die eerste keer van sommer vele gebeurtenisse.

Vrydag oggend 08:30 is ons almal met ʼn heerlike ontbyt by die Gereformeerde Kerk Magol ingewag. Ds Blok soos ʼn regte admiraal besig om sy troepe te organiseer, van paspoorte tot immigrasie briefies en ʼn Pula of twee. Dit was ook nie lank nie of almal wat sou saam gaan was gevoed, gepak en op pad.              

Daar is vir die lang 8 ure rit reggeskuif, reg gelÍ en party selfs reg gestaan. Hoe vinnig het daardie 8 ure nie omgegaan nie. Met ons aankoms op Motopi is ons elkeen hartlik gegroet deur Tannie Dorette. Dit was ook nie lank nie of almal het rustig afgepak en is met ʼn verversing in die hand verwelkom. Hoe mens ooit kan dankie sÍ vir die wat vooruit gegaan het en al die tente opgeslaan, kos uitgepak en dan ook die eerste aand (en toe sommer die res van die naweek) se kos voorberei het, weet ek nie. Vir die van ons wat in die bus gery en net daar opgedaag het was dit rÍrig ʼn weg-breuk-naweek sonder dat ons eintlik enige iets hoef te gedoen het. Van hierdie een persoon, ʼn baie baie groot dankie vir almal wat daarmee gehelp het.

Ek kan nog baie skryf oor al die nuwe mense wat ontmoet is. Nuwe vriendskappe wat gemaak is, die wonderlike uitsig, selfs ʼn snaakse gebeurtenis of twee. Maar dan sal ek die belangrikste, die eerste, die rede hoekom ons eintlik gegaan het geen geregtigheid doen nie. Ons teenwoordigheid die naweek in Motopi was om as getuies te dien vir die ontstaan van ʼn nuwe wyk van die Díkar gemeente. Tog dink ek daar het meer as dit gebeur. Om getuie te wees van mense wat vir die eerste keer geloof aflÍ, vir die eerste keer sien hoe iemand gedoop word, self hulle kinders laat doop  asook vir die eerste keer nagmaal te gebruik is iets wat nie heeltemal in woorde beskryf kan word nie. Hoe verduidelik ʼn mens in woorde sodat iemand anders dit kan sien, die nederige gesigsuitdrukking, die erns in die oŽ en ʼn opregte handdruk. Hoe vertel jy vir iemand van die blydskap in Christus in jou hart as jy ʼn hele gesin sien wat nou onder die verbond van God staan deur die Doop. Die verwondering vir kinders wat al van 10 uur die oggend af in die kerk wag vir ʼn troue en belydenis aflegging wat eers 3 uur plaasvind.

Wanneer laas het ek of jy so vir die woordbediening gewag. Wanneer laas het ek of jy daarna uitgesien, gesmag, om kerk toe te gaan. Om in die teenwoordigheid van my Verlosser en mede broeders en susters te wees. Hoe lank terug was my eerste keer wat ek bewus geword het van God se onbeskryflike alomvattende genade. Soms neem God jou na ʼn sink dak kerkie tussen niks en nÍrens om weer as dit nie vir die eerste keer is nie, te besef dat Hy nie deur ʼn gebou of deur die idees van mense gedefinieer word nie, maar deur die werk van Sy Gees. Die Heilige Gees wat die vermoŽ het om dit wat bar en onvrugbaar is in ʼn asemrowende tuin te omskep. En dit is waarvan ek ʼn getuie was: die eerste delikate groen plantjie wat in die dorre wÍreld van Motopi op sy eie begin staan het. Die eerste van baie, glo ek, wat later ook ʼn tuin van gelowiges sal word tot eer van God en getuies van Sy liefde vir ons as  sondige mense.

Gereformeerde Kerk Magol

ďDie aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan...Ē Ps. 24: 1