30 Maart 2025 Geen Skakel - Skool Vakansie.
23 Maart 2025 Geen Skakel - Langnaweek
16 Maart 2025 - Nie skakel ontang om te publiseer nie
9 Maart 2025
Skakel2025-03-09.pdf 365.74 KB
2 Maart 2025 - Nie skakel ontvang om te publiseer nie
23 Februarie 2025
Skakel2025-02-23.pdf 531.7 KB
16 Februarie 2025
Skakel2025-02-16.pdf 327.92 KB
9Februarie2025
Skakel2025-02-09.pdf 382.99 KB
2Februarie2025
Skakel2025-02-02.pdf 410.21 KB
26Januarie2025
Skakel2025-01-26.pdf 422.64 KB
19Januarie2025
Skakel 19Januarie 2025 500.36 KB
Geen Skakels meer na 10 November 2024 tot Januarie 2025
November 2024
10 November 2024
Skakel2024-11-10.pdf 223.92 KB
3 November 2024
Skakel2024-11-03.pdf 259.55 KB
27 Oktober 2024
Skakel2024-10-27.pdf 259.34 KB
30 Maart 2025
Sing: Ps. 105:1,2; Ps. 105:3; Ps. 38:1,2,13; Ps. 36:1,3; Skr. 10:1,3,5,6.
Lees: Matt 13:24-30, 36-43
Teks: Matt. 13:40
Tema: Ons groei in die midde van bose aanslag, terwyl ons wag op Christus se oordeel.
Mat 13:24-30 & 36-43
24 ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28 En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
36 Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
Tema: Ons groei in die midde van bose aanslag, terwyl ons wag op Christus se oordeel.
Die aanslag van die bose
Die tweede gelykenis wat Christus oor die koninkryk vertel bou voort op die tema van saad wat gesaai word. in hierdie gelykenis is die saad die wat oor die wêreld versprei is terwyl die kinders van die Bose as die onkruid ook die wêreld oor gesaai word. Die skerp punt van die gelykenis is dat wanneer die onkruid ontkiem het en dit besig is om te groei dat dit net soos die koring plante lyk. Die bose wat dit saai is die vyand van God en sy kinders en wil eindelik sy koninkryk vernietig
Die groei van die gelowiges
Te midde van die feit dat die goeie saad en die onkruid in dieselfde land gesaai is, gee die eienaar die opdrag dat die onkruid nie uitgetrek moet word nie. Die rede is nie dat die onkruid maar net verdra moet word nie, maar die moontlikheid bestaan dat die koring daarmee saam uitgetrek kan word omdat dit nog moeilik is om te onderskei tussen die koring plantjies en onkruid. Dit is eers wanneer hulle vrug dra en gereed is vir die oes wat die onderskeid gemaak kan word.
Die oordeel van Christus
Wanneer oestyd aan breek sal die maaiers in die land ingaan en eers die onkruid uitrek, bymekaar maak en vernietig. Dit wys op die komende oordeel wat Christus oor die wêreld sal bring met sy wederkoms. Die engele sal uitgaan en die bose bymekaar bring waarin hulle die regverdige oordeel van Christus sal ontvang. Verder sal die engele ook die oes insamel, naamlik die regverdiges, die kinders van die Here, wat sal skyn soos die son. So sal die regverdiges in die heerlikheid van die Here ewig leef.
Oggenddiens - Leesdiens waargeneem deur Gert du Plessis
Sing: Ps105:1,2,3; Ps130:2; Ps84:5,6: Ps145:10,11,12
Lees: 1Tim4:1-11
Teks: 1Tim4:7b
1 Tim 4:1 – 11
1 Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang.
2 Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is.
3 Hulle verbied mense om te trou en om bepaalde soorte kos te eet. Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié wat glo en tot die kennis van die waarheid gekom het, dit met danksegging kan gebruik.
4 Alles wat God gemaak het, is immers goed. Niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie,
5 want dit word deur die woord van God en deur die gebed geheilig.
6 As jy hierdie dinge aan die broers voorhou, sal jy 'n goeie dienaar van Christus Jesus wees wat jouself voed met die woorde van die geloof en die goeie leer waarvan jy 'n aanhanger geword het.
7 Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe.
8 Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.
9 Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word.
10 Met hierdie vooruitsig span ons ons kragte in en stry ons, want ons het ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle mense, van almal wat glo.
11 Hierdie dinge moet jy die mense beveel en leer.
Aanddiens
Sing: Ps. 33:1,5; Ps. 19:1; Ps. 104:1,2,4,5.
Lees: Hand. 17:15-34; Son 9.
Teks: Hand. 17:24-25; Son 9
Hand 17:15-34
15 En die wat Paulus begelei het, het hom tot by Athéne gebring, en nadat hulle opdrag ontvang het aan Silas en Timótheüs om so gou moontlik na hom te kom, het hulle vertrek.
16 En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.
17 Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom.
18 En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy ‘n verkondiger is van vreemde gode—omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het.
19 En hulle het hom geneem en op die Areópagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?
20 Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.
21 Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie.
22 Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.
23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.
24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.
25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
27 sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;
28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
29 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.
30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
31 omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
32 Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.
33 En so het Paulus van hulle weggegaan.
34 Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dionísius, die Areopagiet, was, en ‘n vrou met die naam van Dámaris en ander saam met hulle.
Sondag 9
Vraag 26: Wat glo jy as jy sê: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde?
Antwoord: Ek glo dat die ewige Vader van ons Here Jesus Christus wat die hemel en aarde met alles wat daarin is, uit niks geskep het (a) en deur sy ewige raad en voorsienigheid nog onderhou
en regeer (b), ter wille van sy Seun Christus my God en Vader is. (c) Op Hom vertrou ek so dat ek nie daaraan twyfel dat Hy my, met alles wat vir liggaam en siel nodig is, sal versorg nie (d). Hy sal ook al die kwaad wat Hy in hierdie jammerdal oor my beskik, tot my beswil verander (e), omdat Hy dit as ’n almagtige God kan (f) en ook as ’n getroue Vader wil doen (g).
(a) Gen 1 en 2; Eks 20:11; Job 33:4, 38, 39; Hand 4:24; 14:15; Ps 33:6; Jes 45:7. (b) Heb 1:3; Ps 104:27-30; 115:3; Matt 10:29; Ef 1:11: (c) Joh 1:12; Rom 8:15; Gal 4:5-7; Ef 1:5. (d) Ps 55:23; Matt 6:25, 26; Luk 12:22. (e) Rom 8:28. (f) Jes 46:4; Rom 10:12. (g) Matt 6:32, 33; 7:9-11.
Tema: God is ons Skepper en Vader ter wille van Jesus Christus.
God die Vader skep alles
God wat van ewigheid bestaan het op ʼn bepaalde tydstip bepaal om alles wat ons sien in aanskyn te roep. Hy is die Skepper van alle dinge. Wanneer Paulus in die stad Athene rondloop en op sy reisgeselskap wag sien hy al de verskillende standbeelde en altare vir die afgode. Hy sluit aan by die altaar van die onbekende God en verkondig die evangelie aan die heidene deur God die Skepper aan hulle bekend te maak. Die gelowige wat bely dat Hy in God glo moet Hom as die Skepper, maar ook as Vader bely
God die Vader gee versorging.
Ons Vader het egter nie net vir ons ʼn woonplek in aanskyn geroep en Hom toe onttrek van sy skepping nie. Hy onder hou en regeer so dat ons as kinders geen gebrek het nie. Ter wille van Christus het Hy nou my Vader geword wat in alle dinge in oorvloed aan my voorsien. Die wonder van hierdie belydenis is dat ons deur die ewige raad en voorsienigheid die versorging uit die hand van ons Here sal ontvang. Alles wat ons nodig het vir liggaam en siel word in hierdie bedeling mildelik aan ons gegee.
God die Vader eis vertroue.
Hierdie wete bring eindelik ʼn heerlike roeping vir ons as kinders van ons Vader voort. Omdat Hy ons geskape het en ons nog onderhou en regeer kan ons nou vas vertrou dat Hy ons met alle middele sal versorg. Ons kan nou seker wees dat Hy ons nie sal verlaat en aan ons self oorlaat nie. Daarom leef ons hier op aarde steeds afhanklik van al die gawes wat Hy aan ons sal gee.
Oggend diens
Sing: Ps. 135:1,2; Ps. 135:8; Ps. 118:9; Ps. 147:6,7; Ps. 95:2,4.
Lees: Matt. 13:1-23
Teks: Matt. 13:11
Tema: Die evangelie van die koninkryk is vir die ongelowiges verberg, maar aan die gelowiges geopenbaar sodat ons kan groei en vrug dra.
Mat 13:1-23
1 En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit.
2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.
3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ‘n Saaier het uitgegaan om te saai;
4 en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.
5 En ‘n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;
6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
7 En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.
8 En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig.
9 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!
10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?
11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.
17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
18 Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.
19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is.
20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem;
21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.
22 En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.
23 En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.
Tema: Die evangelie van die koninkryk is vir die ongelowiges verberg, maar aan die gelowiges geopenbaar sodat ons kan groei en vrug dra.
Die evangelie word gesaai
Christus se bediening hier op aarde het nie by almal dieselfde reaksie ontlok nie. Wanneer mense die evangelie van die koninkryk hoor is daar mense wat dit verwerp en ander wat dit aanneem en glo. Met die gelykenis van die saaier leer Christus sy dissipels dat daar verskillende reksie op hulle verkondiging sal wees. Die saaier is die Seun van die mens wat uitgaan en die heerskappy van die Here bedien, en die saad is die Woord van God. Dit is eindelik die roeping van die kerk om uit te gaan en hierdie evangelie te gaan verkondig
Die evangelie word verberg
Die wat die evangelie van die koninkryk hoor, maar nie daarop ag gegee nie is soos hulle wat hoor maar doof is en hulle wat sien maar blind is. Daar is hulle wat hoor en glad nie ag gee op die woord nie. dit is die dwaas wat die wysheid van die Here se woord verag en dit verwerp. Waar die saad tussen die rotse val is dit hulle wat hoor en aanvanklik ag gee op die Woord, maar nie in hulle geloof verdiep nie. Die ander is die wat die Woord hoor, maar so in die wêrelde opgeneem is dat die wêreldse plesier en dit eindelik verstik
Die evangelie word openbaar
De genade van die Here is egter groot wanneer die saad van die woord op goeie en vrugbare grond val. Dit is waar die hart voorberei is deur die Gees van die Here. Ten spyte van die hardheid, vlakheid en wêreldlikheid waarbinne die kerk van die Here haar roeping moet uitvoer voorsien die Here voorbereide harte wat die goeie nuus van die evangelie sal hoor, dit verstaan en veelvoudige vrug dra. Eindelik sal die Here die werk end ie roeping van sy kerk kinders seën.
Aand diens
Sing: Ps. 71:1,9; Ps. 145:1,2; Ps. 145:3,4,5.
Lees: Matt 28:16-20; Son 8
Teks: Son 8
Tema: Op grond van Christus se openbaring glo ons in die Goddelike Drie-eenheid.
Mat 28:16-20
16 En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.
17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Sondag 8
Vraag 24: Hoe word hierdie artikels ingedeel?
Antwoord: In drie dele: die eerste handel oor God die Vader en ons skepping; die tweede oor God die Seun en ons verlossing; die derde oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking.
Vraag 25: Terwyl daar maar tog net een, enige Goddelike Wese is, waarom praat jy van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees (a)?
Antwoord: Omdat God Hom so in sy Woord geopenbaar het (b) dat hierdie drie onderskeie Persone die enige, ware en ewige God is.
(a) Deut 6:4; Ef 4:6; Jes 44:6; 45:5; 1 Kor 8:4, 6. (b) Jes 61:1; Luk 4:18; Gen 1:2, 3; Ps 33:6; Jes 48:16; Matt 3:16, 17; 28:19; 1 Joh 5:7; Jes 6:1, 3; Joh 14:26; 15:26; 2 Kor 13:13; Gal 4:6; Ef 2:l8; Tit 3:5, 6.
Tema: Op grond van Christus se openbaring glo ons in die Goddelike Drie-eenheid.
Die belydenis van die drie eenheid
Te midde van die feit dat kennis ʼn baie belangrike deel van ons geloof is, is daar tog sekere dinge wat vir ons te wonderbaar is om te verstaan. Een van hierdie dinge is die leer van die drie eenheid. Wanneer Christus sy dissipels hulle laaste onderrig gee voordat Hy na die hemel opvaar beveel Hy hulle om die evangelie aan al die nasies te verkondig en de wat glo te doop. Hierdie doop moet in die naam van die Drie-Enige God geskied. Alleen hulle wat deur ‘n ware geloof in Christus ingelyf is kan die wonder hiervan aanvaar.
Die openbaring van die Drie-eenheid
Deur die geskiedenis van die kerk het hierdie leerstuk voortdurend onder skoot gekom. Alhoewel die woord “Drie-Eenheid” nie in die Bybel voorkom nie is die saak tog duidelik. By die geboorte van Christus sien ons dit en die volk kon dit by Christus se doop se self hoor. In die Naam van die drie enige God word verbondskinders en bekeerlinge gedoop, gegroet en geseën. Hierdie werklikheid word nie bepaal deur die verstaanbaarheid vir die menslike brein nie, maar berus alleen op die self bekendmaking van God in sy Woord.
Die wese van die Drie-eenheid
Vader Seun en Heilige Gees word aan ons bekend gemaak en ons kan in Hom glo. Die wese hiervan kan ons wel onderskei maar nie los van mekaar maak nie. Die Vader openbaar Homself aan ons as die Skepper en onderhouer van hemel en aarde. Hy is die bron van alle goeie gawes aan sy kinders. In die openbaring van God die Seun sien ons die heerlikheid van die verlossingsplan van God bekend gemaak. In God die Heilige Gees word die Vader en die Seun verheerlik.
9 Maart 2025
Oggend diens
Sing: Ps. 33:1,2; Ps. 33:11; Ps. 77:1,6; Skr. 17:1,5,6; Ps. 36:2,3
Lees: Matt. 6:19-34
Teks: Matt. 6:33.
Tema: Ons word geroep om onder die regeermag van Christus te buig.
Matt 6:19-34
19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
26 Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
27 Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
28 En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;
29 en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.
30 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?
31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
Tema: Ons word geroep om onder die regeermag van Christus te buig.
Die soeke na die koninkryk.
In die bergpredikasie is Christus besig om die skare voor hom te onderrig oor die implikasie en die betekenis van God se regeermag in die lewe van sy gelowige kinders. Christus leer egter dat die burgers van sy koninkryk eerste die koninkryk van God moet soek. Die koninkryk wys op die regeermag van God soos dit in Christus openbaar word. Om dit te soek beteken dat die burgers van die koninkryk hulle gedagtes, woorde en dade op die koningskap van Christus moet rig. Sy regeermag moet sigbaar word in die lewe van sy burgers.
Die soeke na die geregtigheid.
Op dieselfde vlak van die soeke na die koninkryk van God moet die burgers van die koninkryk ook daarop ingestel wees om die geregtigheid van God te soek. Die geregtigheid van God beteken eenvoudig gestel om dit wat reg is in die oë van die Here te doen. Waar die soeke na die koninkryk van God ons gedagtes op Christus rig, rig ons soeke na geregtigheid ons dade op gehoorsaamheid aan ons koning. Christus het vir ons volkome aan die geregtigheid van God voldoen, maar deur die werking van die Gees kan en moet ons nou hierin wandel.
Die wonder van versorging.
Die hoofgedagte van hierdie gedeelte van die bergpredikasie gaan oor die mens se soeke na stoflike dinge en die kwellinge van elke dag se bestaan. Maar wanneer ons aandag op die koninkryk van God en sy geregtigheid gerig is kan ons in die vaste vertroue leef dat Hy al die dinge wat ons nodig het aan ons sal gee. Dit beteken nie dat ons geen verantwoordelikheid het nie, maar dat ons in ons roepingswerk nie meer op ons self en ons eie aspirasies gerig is nie. Nou werk ons om God te verheerlik in die wete dat Hy ons daagliks versorg.
Aanddiens
Sing: Ps. 146:1,2,3; Ps. 43:1,4,5; Ps. 84:3,4.
Lees: Joh.3:1-21; Son 7.
Teks: Joh. 3:16; Son 7.
Tema: Ons word deur die ware geloof soos dit in die Skrif openbaar word aan Christus en mekaar verbind.
Joh3:1-21
1 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode.
2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
14 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
15 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
Sondag 7
Vraag 20: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het?
Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur ’n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b).
(a) Matt 7:14; 22:14. (b) Mark 16:16; Joh 1:12; 3:16, 18, 36; Jes 53:11; Ps 2:12; Rom 11:20; 3:22; Heb 4:3; 5:9; 10:39; 11:6.
21 Vraag: Wat is ’n ware geloof?
Antwoord: ’n Ware geloof is nie alleen ’n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook ’n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.
(a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16.
Vraag 22: Wat moet ’n Christen glo?
Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in hoofsaak leer.
(a) Joh 20:31; Matt 28:19; Mark 1:15.
Vraag 23: Hoe lui die artikels?
Antwoord: (1) Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. (2) En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; (3) wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; (4) wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; (5) wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; (6) opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, (7) waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. (8) Ek glo in die Heilige Gees. (9) Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; (10) die vergewing van sondes; (I1) die opstanding van die liggaam (12) en ’n ewige lewe.
Tema: Ons word deur die ware geloof soos dit in die Skrif openbaar word aan Christus en mekaar verbind.
Ware geloof is ʼn verbintenis met Christus.
In Sondag 7 word daar meer gevra met betrekking tot ons verlossing. Almal het in Adam gesondig maar nie almal word deur die koms van die Middelaar uit die ellende verlos nie. Slegs die wat deur ʼn ware geloof in Christus ingelyf is en sy weldade aanneem. Nikodemus het in die nag na Christus gekom met die vraag rondom sy saligheid. Christus antwoord dat alleen die wat wedergebore is in die koninkryk kan ingaan. Deur die wedergeboorte word ons nuut gemaak en aan Christus verbind en kan ons sy weldade aanneem
Ware geloof is ʼn verbintenis op grond van die Woord
Die verbintenis met Christus impliseer dat ons ook aan sy Woord verbind word. Die verbintenis met die Woord van Christus sien ons duidelik in die betekenis wat ons belydenis aan geloof gee. Die gelowige kennis en vertroue word deur God die Heilige Gees in ons gewek, maar deur die bestudering en verkondiging van die Woord kan ons meer en meer groei in die kennis van die Woord. Die implikasie hiervan is dat die gelowige kind van die Here voortdurend met die Woord moet besig wees om in kennis en vertroue te groei.
Ware geloof is ʼn verbintenis in die kerk.
Gebind aan Christus op grond van die Woord van die Here word die wonder van die geloof in nog meer diepte aan ons voorgehou. Die inhoud van dit wat ons glo is die samevatting van die evangelie soos ons dit in die 12 artikels bely. Sondag na Sondag kan ons dit saam met mekaar persoonlik opsê om daarmee te betuig dat ons die wonder van geloof met mekaar deel. In die verdere behandeling van die 12 artikels sal ons sien hoe elkeen van hierdie artikels ons voor die troon van God stel. So word ons deur die geloof aan Christus, sy Woord en mekaar gebind.
2 Maart 2025
Oggenddiens
Sing: Ps. 89:1,3; Ps. 89:6; Ps. 119:5,6; Ps. 103:9,10; Ps. 47:1,2,4.
Lees: 1 Pet. 2:11-17
Teks: 1 Pet. 2:13
Tema: Christus ons Here eis onderdanigheid en ʼn skoon lewenswandel as getuienis in die wêreld.
1Pet2:11-17
11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
Submission to Authority
13 Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here—of dit die koning is as opperheer,
14 of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.
15 Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,
16 as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ‘n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.
17 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.
Tema: Christus ons Here eis onderdanigheid en ʼn skoon lewenswandel as getuienis in die wêreld.
Getuienis deur ʼn skoon lewenswandel.
Die gelowiges wat die brief van die apostel Petrus ontvang leef wydverspreid oor Klein-Asië as vreemdelinge en bywoners. Te midde hiervan kan hulle weet dat hulle volwaardige burgers van God se koninkryk is, omdat hulle die uitverkore geslag van God is. Die implikasie hiervan is dat die gesag van Christus die hoogste gesag in hulle lewe is. Petrus vermaan hulle tot ʼn skoon lewenswandel wat as ʼn getuienis tot die heidene sal dien. Die gelowige bely nie net sy geloof nie, maar moet dit ook uitleef.
Getuienis deur onderdanigheid.
Die owerheid in die dae waarin Petrus hier skryf het geen voordele aan die Christelike gemeenskap gegee nie, inteendeel. Alhoewel die fisiese vervolging van Christene deur die staat nog nie hier plaasgevind het nie, het die Romeinse owerheid dit moeilik vir die Christene gemaak. Tog vermaan Petrus hulle om ondanks dit alles hulle aan die owerheid te onderwerp. Die getuienis van gehoorsame burgers sal eindelik die aanklagte en die onkunde van die heidene en die dwase stilmaak. Deur hierdie getuienis word die koningskap van Christus in alle omstandighede erken.
Getuienis deur diensbaarheid.
Die slotsom waartoe Petrus die uitverkorenes van die Here bring is die wete dat hulle dit doen as diensknegte van die Here. In die daaglikse bestaan van die gelowige word die getuienis dat Christus Here en koning is sigbaar in die diensbaarheid van sy kinders. Al is hierdie gelowiges vreemdelinge wat aan moeilike omstandighede onderwerp is het hulle die vryheid in Christus ontvang om as diensknegte aan God gehoorsaam te wees. As diensknegte moet ons as gelowiges getuig deur God te vrees, die koning te eer en mekaar as broeders lief te hê.
Aand erediens
Sing: Ps. 84:1,2,6; Ps. 25:1,9,10; Skr. 33:3; Ps. 48:3,4.
Lees: 1 Kor. 2:1-16; Son 6.
Teks: 1 Kor. 2:2; Son 6.
Tema: Jesus Christus is ons Middelaar soos Hy in die Skrif geopenbaar word.
Tema: Jesus Christus is ons Middelaar soos Hy in die Skrif geopenbaar word.
Die natuur van ons Middelaar
Ons kan alleen Verlossing ontvang wanneer daar aan die geregtigheid van God voldoen word. Die Middelaar wat tot hierdie geregtigheid in staat moet waarlik mens wees en ware God. Na sy mensheid moet Hy met ʼnvolmaakte gehoorsaamheid aan die geregtigheid van God voldoen want dit is wat die Here van die mens eis. Hy moet daarom verder ook ware God wees omdat geen mens of skepsel die volle vrag van God se regverdige oordeel kan dra nie. Hierdie Middelaar word uit genade deur die Vader aan ons gegee.
Die persoon van ons Middelaar.
Die besondere natuur van ons Middelaar in sy mensheid en sy Goddelikheid vind ons alleen in Jesus Christus die eniggebore Seun van God. Wanneer Paulus homself aan die Korintiërs moet verantwoord oor sy bedieningswerk staan die verkondiging van Christus voorop. Vir die wêreld is dit ʼndwaasheid en sy verkondiging het nie die oorredende krag van menslike wysheid gehad nie, maar tog het hy niks anders verkondig nie. Die openbaring van Christus as Middelaar wat alleen aan die geregtigheid van God kan voldoen is die wysheid wat van God af kom.
Die openbaring van ons Middelaar.
Die kennis van Jesus as Verlosser kom egter nie uit die mens self op nie, maar uit die openbaring van die evangelie. Nou is dit opmerklik dat ons belydenis die tyd van hierdie openbaring aanwys as die paradys. Die bedoeling is dat God deur alle eeue juis van die val van die eerste mens Adam en Eva die belofte van Christus gegee het. deur die eeue is dit verborge maar in die volheid van die tyd ten volle openbaar deur die Woord.
Oggend erediens
Sing: Ps. 145:1,2,3; Ps. 145:12; Ps. 42:1,2; Ps. 78:13,25; Ps. 2:1,6.
Lees: Hag. 2:11-23.
Teks: Hag. 2:19
Tema: Die Here gebied sy seën waar sy kerk gehoorsaam in sy koninkryk bou
Tema: Die Here gebied sy seën waar sy kerk gehoorsaam in sy koninkryk bou
Moeilike omstandighede
In die tyd dat Israel gereed maak om die wintergraan te saai moet Haggai vir ʼnderde maal die boodskap van die Here aan die volk bring. Die land se opbrengs was in die verlede onder die gemiddeld en die Here het hulle op baie verskillende maniere beproef om hulle terug te roep tot bekering. Hulle het geval in afgode diens en dooie vormgodsdiens, maar die Here het hulle herhaaldelik opgeroep om terug te keer tot ware diens aan Hom alleen.
Ons roeping tot gehoorsaamheid
Die Here het sy Gees in hulle midde gegee sodat hulle hom met ʼnnuwe gehoorsaamheid sal dien. Hulle het op die draaipunt van hulle geskiedenis gestaan, maar uit dankbaarheid moet hulle opnuut gehoorsaam in die bouwerk van die Here volhard. Dit is op hierdie gehoorsaamheid wat die Here nou sy seën laat rus. Deur die geestelike versterking in die nagmaal word ons opnuut geroep tot gehoorsaamheid omdat ons die seën van die Here in die offer van Christus ontvang het.
Ons ontvang die Here se seën
Van die dag dat Israel begin het om die fondament van die tempel te lê het die Here sy seën oor hulle gebied. Waar die Here sy hand vir die volk toegehou het tot hulle beproewing, gee Hy nou oorvloed. ʼnOorvloed wat nie net beperk is tot fisiese seëninge nie, maar ook tot geestelike seën. Die seën dat die dag van die Here sal aanbreek en dat Hy alle vyande aan Hom sal onderwerp. Dit laat die gemeente van Christus uitsien na sy koms.
Aanddiens.
Sing: Ps. 106:1,2; Ps. 40:4; Ps. 89:1,8.
Lees: Heb. 2:1-18; Son 5.
Teks: Heb. 2:17; Son 5.
Tema: Ons kan alleen deur die betaling van ons Middelaar van al ons sonde vergewe word.
Tema: Ons kan alleen deur die betaling van ons Middelaar van al ons sonde vergewe word.
Vergewing vereis betaling
Ons kan uit die Skrif weet dat ware geloof ‘n gewisse kennis is van die dinge wat ons hoop en ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons nie sien nie. Geloof is dus nie net vertroue dat ons gered is nie, maar ook kennis van ons ellende verlossing en dankbaarheid. Voordat ons egter by die kennis van ons verlossing kom moet ons eers verstaan wat met die geregtigheid van God bedoel word. Toe ons in sonde geval het, het ons die reg van die Here in gedrang gebring. Om vergewing te ontvang moet daar dan eers weer aan sy reg voldoen word.
Betaling vereis vermoë
Die vraag kom dan na vore wie aan hierdie betaling kan voldoen. Die Kategismus fokus eers alles en almal wat nie die vermoë het om aan die eis van die Here te voldoen nie. Dit waaraan voldoen moet word is die eise van die Here se wet. In ons kategismus word daar twee moontlikhede gestel om aan hierdie betaling te voldoen. Die een is onsself en die ander is of daar enige ander skepsel is wat aan die eis van die Here kan voldoen. Die antwoord is ‘n eenvoudige “nee” want onsself en alles in die skepping is deur die sonde besmet.
Onvermoë vereis ʼn Middelaar
Wanneer onsself en niks anders in die skepping aan die eis van die Here kan voldoen nie blyk dit dat ons in ‘n hopelose situasie verkeer. Iemand moet betaal sodat daar vir ons verlossing kan wees. Daar moet dus ‘n middelaar vir ons intree wat waarlik mens is, want dit is die mens wat gesondig het en sy sonde daagliks nog meer maak. Hy moet ook waarlik God wees, want geen skepsel kan aan die prys voldoen wat die Here eis nie. Hierdie middelaar is ons Here Jesus Christus
Oggenddiens
Sing: Ps. 96:1,2,4; Ps. 96:5; Ps. 34:5,6; Skr. 45:4,8; Ps. 23:3; Ps. 116; Ps. 111:1,4.
Lees: Hag. 2:1-9
Teks: Hag. 2:4-5
Tema: Die Here versterk ons sodat ons in gehoorsaamheid en met vertroue kan werk
Tema: Die Here versterk ons sodat ons in gehoorsaamheid en met vertroue kan werk
Ons bemoediging
In die tyd van Haggai moet die volk weer opgeskerp word om met die heropbou van die tempel voort te gaan. Hulle moet hulle self ondersoek en sien dat die nabyheid en die teenwoordigheid van die Here nie meer die sentrale plek in hulle daaglikse lewe ingeneem het nie. Maar die Here gee hulle nie net die opdrag nie, Hy bemoedig hulle om sterk te wees. Hierdie bemoediging vind ons dikwels wanneer Israel voor groot uitdagings en momente in hulle volkslewe te staan kom. Tog kan hulle terugkyk en sien hoe die Here hulle bewaar het en hulle versterk het.
Ons roeping
Die volk kan terug kyk en in hulle geestesoog sien hoe goed die tempel was en deur die herinnering versterk word vir die taak. Wanneer die Here egter sy volk versterk roep Hy hulle ook nou op om te werk. Die werk aan die herbou van die tempel moet voort gaan sodat die simbool van die Here se teenwoordigheid weer duidelik kan word. Die werk wat ons daagliks in die koninkryk van die Here verrig kan ons alleen aanpak in vertroue op die Here. Omdat hy ons versterk weet ons ons werk nie uit eie krag of vir ons eie eer nie, maar alleen tot sy verheerliking.
Ons versekering
Die bemoediging en die roeping wat die Here aan ons gee, berus op die wonderlike sekerheid dat Hy getrou is aan sy verbond. Die werk wat ons daagliks in die Here se koninkryk doen staan altyd in die lig van dit wat Christus in sy volmaakte gehoorsaamheid aan die kruis gedoen het. Sy liggaam is gebreek en sy bloed het gevloei sodat ons opnuut verseker kan wees van die Here se teenwoordigheid in ons midde. In hierdie nagmaal word ons versterk om met die werk te kan voortgaan.
Aanddiens
Sing: Ps. 34:1,2,3; Ps. 130:1,2; Ps. 130:3,4.
Lees: Gal 3:1-14; Son 4
Teks: Son 4
Tema: God oordeel die ongeregtigheid omdat Hy die regverdige is.
Tema: God oordeel die ongeregtigheid omdat Hy die regverdige is.
Die regverdige eis van God.
Deel van die mens se ellende is dat ons altyd die blaam vir ons eie foute na ander wil skuif. In Son 3 het ons gevra of God ons dan nie so geskape het dat ons in sonde geval het nie. Nee, Hy het ons goed geskape. Nou gaan ons nog verder. Is Hy dan die onregverdig as Hy van ons iets eis waartoe ons nie in staat is nie. Die feit is dat die mens aan die begin goed geskape is en daarom tot die goeie in staat is. Om hierdie rede is dit nie onregverdig van die Here om die goeie van die mens te eis nie. God is nie die oorsaak van die geweldige oordeel waarin die mens homself gedompel het nie.
Die regverdige straf van God.
Op grond van die feit dat die Here nie van die mens eis wat hy nie kan doen nie openbaar God sy regverdige oordeel oor die sondegevalle mens. Die sondeval van die mens is so groot en die opstand teen God so geweldig dat God in sy geregtigheid ons met sy oordeel moet straf. Die regverdige oordeel van die Here spruit voort uit sy geweldige toorn oor die ongehoorsaamheid van die mens. So geweldig is sy toorn dat Hy die mens na die liggaam en siel in die tyd en die ewigheid met die ewige dood wil straf. Hy is regverdig in sy oordeel.
Die regverdige liefde van God.
Alhoewel ons by die aanhoor van hierdie realiteit moet sidder is dit wonderbaarlik dat hier reeds al flikkerings van hoop deurskemer. God is regverdig maar Hy is ook barmhartig. Te midde van sy barmhartigheid sien hy nie net die sonde oor nie, maar hy oordeel dit in geregtigheid. Hierdie regverdige oordeel en regverdige liefde van die Here ontmoet mekaar waar Christus aan die kruis sterf. Eerder as om die sonde ongestraf te laat straf hy dit met die bittere en smadelike dood van Christus.
9 Februarie 2025
Oggenddiens
Sing: Ps. 84:1,2; Ps. 84:6; Ps. 86:1,3; Ps. 127:1; Ps. 71:1,2,9.
Lees: Hag. 1v1-15
Teks: Hag. 1:5
Tema: Ons word geroep om tot eer van God in sy koninkryk te bou
Tema: Ons word geroep om tot eer van God in sy koninkryk te bou
Die moeilike omstandighede
Na jare wat Israel uit ballingskap teruggekeer het en die fondament van die tempel gelê is, het hulle nie met die bouwerk voorgegaan nie. Die tempel is die simbool van die Here se nabyheid in die midde van die volk, maar hulle is eerder besig om hulle eie huise op te bou en te verfraai. Hulle het uit gesien na voorspoed in die land maar daar was meer swaarkry. Deur beproewings roep die Here hulle op om selfondersoek te doen en te besin watter plek die Here en sy koninkryk in hulle lewe inneem.
Die roeping tot arbeid.
Die selfondersoek waartoe hulle geroep word dien ook as aansporing tot arbeid. Hulle moet op die berg opgaan en die hout bymekaarmaak om met die bouwerk voort te gaan. Die bou van die tempel sien vooruit na die koms van Jesus as die Messias, want hy is uiteindelik God in die midde van sy volk. Die afgebreekte tempel wys op sy dood en die herboude tempel oor die oorwinning oor die dood. As kerk leef ons opnuut as lewende stene in die bouwerk van God om tot sy eer kerk te wees.
Die nabyheid van die Here
Die bouwerk aan die tempel geskied nie uit eie inisiatief nie en dit word nie uitgevoer in eie krag nie. Wanneer Serubabel en Josua die bouwerk aanvoer verseker die Here deur sy profeet dat Hy met hulle sal wees. Waar hulle bou tot sy eer kan hulle seker wees dat die Here hulle nie alleen laat nie, want hulle kan seker wees dat hulle verhouding met Hom herstel is. Christus leer dat wanneer ons eers die koninkryk van die hemele soek sal al die dinge wat ons nodig het vir ons bygevoeg word.Aanddiens
Sing: Ps. 48:1,4; Ps. 32:1,2; Ps. 32:5,6
Lees: Rom. 5:12-21; Son 3
Teks: Rom. 5:19; Son 3
Tema: Al is die mens goed geskape het ons so diep geval dat ons totaal verdorwe is
Tema: Al is die mens goed geskape het ons so diep geval dat ons totaal verdorwe is
Die mens is goed geskape.
Wanneer die mens onder die besef van sy eie ellende kom moet ons natuurlik ook verstaan waar ons ellende vandaan kom. In die Kategismus word dit duidelik gestel dat die mens nie sondig geskape is nie, maar dat hy volkome goed na die beeld van God geskape is. As profeet kon hy God reg ken, as priester kon hy God in gehoorsaamheid dien en as koning kon hy God ten volle in die ewige saligheid loof en prys. God het ook nie van die mens geëis wat hy nie kon doen nie. Om hierdie rede is die ellende van die mens nie aan God te wyte nie, maar het ons dit self veroorsaak.
Die mens het diep geval.
Die volgende saak wat nou aan die orde kom is die vraag wat veroorsaak het dat die mens so diep in sy ellende geval het. Die mens is deur die val van Adam in die ellende gestort is. Die mensdom is in Adam verteenwoordig, daarom is ons ook vandag nog verteenwoordig in sy ongehoorsaamheid. Sy val het ‘n geweldige effek deurdat dit die hele skepping raak. Deur die ongehoorsaamheid van die een word baie eindelik tot sondaars gestel wat aan die regverdige oordeel van God onderworpe is
Die mens is totaal verdorwe.
Die val van die mens in die ellende se gevolge is egter vêrreikend. Nou is die mens nie meer in staat om enigsins goed te doen nie. Sy doel hier in die skepping was om God te ken, te dien en te eer, maar nou kan dit nie meer realiseer nie. Om dit te herstel is daar egter net een uitweg en dit is die wedergeboorte. Wat by die mens onmoontlik is om te bereik is by God moontlik. Daarom stuur hy sy eniggebore Seun sodat ons langs die weg van sy volmaakte gehoorsaamheid deur die wedergeboorte gered kan word.
2 Februarie 2025
Oggend diens
Sing: Ps. 75:1,4; Ps. 75:6; Ps. 71:1,9; Ps. 25:1,5; Ps. 89:1,17
Lees: Psalm 32
Teks: Psalm 32:1,2
Tema: Ons sonde word in Christus vergewe daarom kan ons God met blydskap dien.
Tema: Ons sonde word in Christus vergewe daarom kan ons God met blydskap dien.
Die noodsaak van vergifnis
Psalm 32 is een van sewe belydenis liedere in die Psalm bundel waarin daar veral op die belydenis en vergifnis van ons sonde gefokus word. Dawid het hierdie Psalm gedig nadat hy in sonde met Batseba geval het. Dit wat sonde is word baie duidelik aan ons openbaar. Dit is wanneer mens teen die grense wat die Here gestel het rebelleer en teen Hom in opstand kom. Die gevolge daarvan is dat ons die Here vertoorn en die Gees bedroef. Wanneer ons besef hoe ernstig ons sonde is besef ons ook hoe noodsaaklik dit is dat ons vergewing sal ontvang
Die werking van vergifnis
Die groot genade bestaan daarin dat die Here aan ons vergifnis skenk op grond van Christus se soenverdienste aan die kruis. Hierdie vergewing wat ons ontvang geskied volgens ‘n bepaalde werking. die sonde word vergewe, dit word bedek en dit word nie toegereken nie. Christus het ons sonde aan die kruis gedra en dit met sy bloed bedek. Nou word ons verkeerde dade ons nie meer toegereken nie. Die Here hou nie dit wat ons verkeerd gedoen het so teen ons nie, dat dit later weer opgehaal word nie. Christus het ons sonde ten volle uitgewis.
Die gevolge van vergifnis
Die gevolge van die sonde is geweldig in ons lewe. Tog bly ons nie vasgevang in daardie gevolge nie. Die gevolge van vergifnis is wonderbaarlik en dring ons tot dankbaarheid. Op grond van die vergifnis wat ons ontvang het kan ons nou in ‘n nuwe gehoorsaamheid voor die Here leef en Hom met ‘n dankbare gehoorsaamheid dien. Die Heilige Gees werk in ons en rig ons om ons wil te buig sodat eenswillend met die wil van ons Vader sal wees. Daarom leef ons nou om die wil van die Here te doen.
26 Januarie 2025
Aand diens
Sing: Ps. 104:1,2,4,5; Ps. 19:3,4; Ps.19:5,6
Lees: Rom. 7:1-12 Son 2.
Teks: Rom. 7:7; Son 2.
Tema: Die kennis van ons ellende word deur God se wet aan ons openbaar.
Aand diens
Tema: Die kennis van ons ellende word deur God se
wet aan ons openbaar.
Die kennis van ons ellende
In Sondag 2 van die Kategismus word ons geleer dat daar ‘n duidelike verband tussen die kennis van ons ellende en die wet van die Here is. Om deel te kry aan die versoening wat ons in Christus ontvang het moet ons ‘n deeglike besef van ons sonde hê. Wanneer ons besef hoe sondig ons is besef ons ook hoe diep droewig en ellendig ons situasie is, want dit is deur die sonde wat die dood in die wêreld ingekom het. die dood is nie net die liggaamlike dood nie, maar die geestelike dood, waarin ons verwyder is van God. Ons kan alleen onder die kennis van ons ellende ken wanneer ons onsself teen die wet gaan spieël. In die wet van die Here eis Hy van ons liefde, vir Hom en ons naaste, maar ons is geneig om God en ons naaste te haat.
Die aard van ons ellende
Haat is die teenoorgestelde van die liefde, en dit het in die lewe van die sondaar mens oorgeneem. Wanneer ons die wet van die Here hoor dan kom ons daarin agter dat die Here van ons liefde vir Hom en ons naaste eis, maar uit onsself is ons so vervul met haat dat ons dit nie kan nakom nie. Nou is dit juis hier wat daar vir die kind van die Here besondere troos lê. dit is die wete dat ons nie uit onsself aand ie eis van die liefde kan voldoen nie wat ons besef dat ons ons na hierdie gehoorsaamheid buite onsself moet soek. Ons het ‘n Middelaar nodig wat ons opnuut verseker van God se liefde. Daardie liefde wat Hy in Christus aan ons betoon het.26 Januarie 2025
Oggend diens
Sing: Ps. 92:2,6; Ps. 92:7; Ps. 139:1,2; Ps. 119:50;52; Ps. 119:53,55.
Lees: 2 Kor. 2:14-3:18.
Teks: 2 Kor. 3:2.
Tema: As getuienis van Christus moet ons sigbaar en leesbaar vir alle mense wees.
Tema: As getuienis van Christus moet ons sigbaar en leesbaar vir alle mense wees.
Die Skrywer van die brief.
In die Bybel word die kerk met verskillende beeld beskryf. In die brief aan die Korintiërs beskryf Paulus die kerk met die beeld van ‘n aanbevelings brief. Die gemeente is die getuigskrif van hulle as apostels se werk in hulle daaglikse bestaan. Wanneer die gemeente hoor dat hulle die brief is, is dit belangrik dat hulle sal verstaan dat Christus die Skrywer van die brief is. Hy is die Een wat besig is in hulle bestaan en Hy skryf deur die werking van sy Gees in hulle midde op die vleestafels van hulle hart.
Die inhoud van die brief.
Die Skrywer van die brief is duidelik aan die gemeente verkondig, maar die vraag is nou wat die inhoud van die hierdie getuienis brief is. Die brief is nie ‘n getuienis van die gemeente se sterkpunte nie. Die hoofsaak is nie die kerk of die mense in die kerk nie, maar die heerlikheid van God. Dit wat op die vleestafels van die hart geskrywe is het alles te doen moet die heerlikheid van God soos dit in Christus duidelik word. Sy verlossing, sy koningskap, sy roeping is die dinge waarvan ons moet getuig
Die lesers van die brief.
Die Skrywer en die inhoud van die brief laat dit ook duidelik word aan wie die brief gerig. Alle mense is die lesers van hierdie brief wat deur Christus geskrywe is wat van die heerlikheid van God getuig. Dit bevestig weer ons roeping dat ons sal verstaan dat die wêreld die kerk sien. Dan is die vraag waarvan getuig ons in die wêreld. Die eis van God dat ons Hom moet liefhê en ons naaste soos ons self moet uiteindelik sigbaar en leesbaar vir alle mense rondom ons wees.Aand diens
Sing: Ps. 145:1,2,11,12; Ps. 116:1,5; Ps. 119:61,62.
Lees: Jes. 25:1-12; Son 1
Teks: Jes. 25:8; Son 1
Tema: Deur sy oorwinning oor die dood is ons getroos in die wete dat ons aan Christus behoort.
Tema: Deur sy oorwinning oor die dood is ons getroos in die wete dat ons aan Christus behoort.
Ons behoefte aan troos.
Die onderrig in die waarhede van ons kosbare godgegewe geloof is iets wat nie net eenmalig gebeur nie. Dit is nodig dat ons altyd bewus sal wees van ons eie posisie as gebroke mense en daarom moet ons weer begin by die behandeling van die Kategismus. Die sonde waarin ons as mense geval het het veroorsaak dat hartseer en smart deel van ons daaglikse bestaan geword het. In Jesaja 25 word die realiteit van die hartseer en verdrukking vir ons duidelik gestel. Die feit dat ons in hierdie hartseer bestel leef bevestig dat ons ʼn grootse behoefte aan troos het
Ons gawe van troos.
Die wonder van die evangelie word nou vir ons sigbaar wanneer ons weet dat die Here in die midde van ons smartvolle sondige bestaan tog aan ons die troos gee wat ons nodig het. Hy het sy Seun gegee om ons van die sonde los te koop deur sy soenverdienste. Ons troos is in hierdie bedeling dat ons nie meer aan ons self behoort nie, maar aan Christus ons Here. Hy troos my deur my te verseker dat ek nie meer aan die duiwels mag van die sonde gebind is nie, maar in Hom vrygekoop is. Hy troos my dat ek verseker kan wees dat my Vader my in alles versorg. Hy troos my dat alles wat Hy in my lewe beskik tot my saligheid dien.
Die roeping van die troos
Die troos wat ons uit die Here se hand ontvang dien tot ons versterking en versekering, maar dit roep ons ook tot optrede in ons daaglikse bestaan. Wanneer ons getroos lewe en stewe word ons verseker dat ons nou gewillig vir Hom sal lewe. Ons Vader het deur die troos wat Hy aan ons gegee het ons opgewek tot ʼn nuwe lewe. Dit is ʼn lewe wat totaal aan Hom gewy is. ʼn Lewe wat getuig van die vreugde en die blydskap om aan Hom te behoort.
19 Januarie 2025
Oggend diens.
Sing: Ps. 135:1,2; Ps. 135:8; Skr. 10:1,2,5,6; Ps. 68:15,16; Ps. 147:1,7.
Lees: Psalm 65:1-14
Teks: Psalm 65:10
Tema: Die Here begenadig en versorg sy skepping, daarom kan ons juig met blydskap.Tema: Die Here begenadig en versorg sy skepping, daarom kan ons juig met blydskap.
Ons verly ons as gemeenskap
Die Here maak bemoeienis met ons in die kleinste besonderhede van ons lewe, maar Hy regeer ook in die grootsheid van sy skepping. Sy werke in die skepping het ook ten doel dat ons Hom sal eer en sy naam sal verheerlik. Die volk kom na ‘n droogtetyd byeen in aanbidding tot die Here vir die uitkoms wat hy gegee het. Hulle kan tot die Here nader want Hy is die verhoorder van hulle gebede. Hy het in sy geregtigheid tugtiging oor sy volk gebring maar hulle ook weer nader aan Hom gebring dat hulle as gemeenskap met Hom kan leef.
Ons verbly ons oor versorging
As gemeenskap kan die volk in die voorhowe van die Here se huis kom met dankgebed vir die wonderlike uitkoms wat hy gegee het. Na die beproewende droogte het die Here gegee dat die reën weer kom en die aarde benat. Die Here het die land besoek en in die natuur voorsien dat plant en dier versorg is. in hierdie genade het Hy ook weer aan sy volk weer ‘n oes voorsien deurdat die land ook weer ‘n koringoes kan oplewer. Die Here se sorg in die natuur baat ons as sy kinders. Wanneer ons die Here se sorg sien moet ons ons daarin verbly.
Ons verbly ons vir oorvloed
Die wonder is dat die Here se sorg vir sy kinders oorvloedig geskied. Dit is Hy wat die reën gegee het na die droogte tyd, maar nie net in beperkte mate nie. Hy het oorvloedig voorsien sodat die natuur en elkeen van sy kinders versorg kan wees. Dit is die getuienis dat die Here eindelik alles met sy goedheid oorvloedig kroon. Daarom kan die volk waarlik bly wees. Uit die oorvloed van ons hart kan ons die Here loof vir die oorvloed wat Hy aan ons voorsien het.
12 Januarie 2025
Sing: Ps. 84:1,2; Ps. 84:6; Ps. 65:2,3; Skr. 41:1,2; Ps. 134:4, Ps. 66:1,6.
Lees: 2 Kor. 9:1-13
Teks: 2 Kor. 9:8
Tema: Die Here seën ons met oorvloedige genade, ons getuig daarvan deur diensbetoning
Getuienis van oorvloed
Tema: Die Here seën ons met oorvloedige genade, ons getuig daarvan deur diensbetoning
Getuienis van oorvloed
die bevestiging van ampsdraers word ons aandag weer op die taak en die roeping van daardie ampte gevestig. Die ampte is egter deur Christus ingestel sodat die gemeente toegerus kan word vir hulle dienswerk. Deel van die diakens se taak is om die gemeente voor te gaan in onderlinge meeleef en barmhartigheidsdiens. Paulus roep die Korintiërs op om mekaar so voor te gaan in diensbetoning, want die Here het oorvloedige genade en seën aan hulle gegee. Die oorvloed van die Here se seën word juis in Christus aan ons betoon.
Getuienis deur diensbetoning
Die Here het aan die gemeente die oorvloed van sy genade en seën gegee, daarom moet hulle ook nou bereid wees om te gee. Paulus gebruik die beeld van ‘n saaier om hierdie punt duidelik te maak. Indien ‘n saaier maar net bietjie saad uitgooi sal daar nie veel vrug wees nie. Wanneer ons moet oorvloed gee sal ons ook uit die oorvloed die genade van die Here ontvang. Dit is juis omdat die Here sy genade aan ons betoon het dat ons sonder dwang uit ons oorvloed kan gee.
Getuienis tot verheerliking
Wanneer ons met vrymoedigheid gee kan ons ook die uitwerking hiervan sien. Daar is twee gevolge wat die Korintiërs kan weet wanneer hulle gee. Hulle sal in die eerste plek nie hulle self te kort doen nie, want die Here sal in sy genade ‘n ryke beloning skenk. Verder sal die gawe wat die gemeente gee uitloop op die dank aan die Here en die verheerliking van sy Naam. Ons kan met dankbaarheid weet en besef dat alles wat ons ontvang het en alles wat ons in die Here se diens gee dien tot sy eer.
Tema: Die Here seën ons met oorvloedige genade, ons getuig daarvan deur diensbetoning
Getuienis van oorvloed
die bevestiging van ampsdraers word ons aandag weer op die taak en die roeping van daardie ampte gevestig. Die ampte is egter deur Christus ingestel sodat die gemeente toegerus kan word vir hulle dienswerk. Deel van die diakens se taak is om die gemeente voor te gaan in onderlinge meeleef en barmhartigheidsdiens. Paulus roep die Korintiërs op om mekaar so voor te gaan in diensbetoning, want die Here het oorvloedige genade en seën aan hulle gegee. Die oorvloed van die Here se seën word juis in Christus aan ons betoon.
Getuienis deur diensbetoning
Die Here het aan die gemeente die oorvloed van sy genade en seën gegee, daarom moet hulle ook nou bereid wees om te gee. Paulus gebruik die beeld van ‘n saaier om hierdie punt duidelik te maak. Indien ‘n saaier maar net bietjie saad uitgooi sal daar nie veel vrug wees nie. Wanneer ons moet oorvloed gee sal ons ook uit die oorvloed die genade van die Here ontvang. Dit is juis omdat die Here sy genade aan ons betoon het dat ons sonder dwang uit ons oorvloed kan gee.
Getuienis tot verheerliking
Wanneer ons met vrymoedigheid gee kan ons ook die uitwerking hiervan sien. Daar is twee gevolge wat die Korintiërs kan weet wanneer hulle gee. Hulle sal in die eerste plek nie hulle self te kort doen nie, want die Here sal in sy genade ‘n ryke beloning skenk. Verder sal die gawe wat die gemeente gee uitloop op die dank aan die Here en die verheerliking van sy Naam. Ons kan met dankbaarheid weet en besef dat alles wat ons ontvang het en alles wat ons in die Here se diens gee dien tot sy eer.
5 Januarie 2025
Sing: Ps. 100:1,2,3,4; Ps. 71:9; Ps. 51:4,5; Ps. 105: 1,2; Ps. 105:5 Ps. 105:3,6.
Lees: Jer. 31:1-36
Teks: Jer. 31:31-34
Tema: Die Here rig sy nuwe verbond op en bevestig dat ons met vaste vertroue in ʼn nuwe verhouding met Hom sal leef.
Die Here rig sy nuwe verbond op en bevestig dat ons met vaste vertroue in ʼn nuwe verhouding met Hom sal leef.
Die sluiting van die nuwe verbond.
Die Here het dit so beskik dat ons sy genade op twee manier kan leer, deur die bediening van die evangelie en die sakramente. By die doop is ons getuies van die groot genade werk wat die Here in die lewe van elkeen van sy kinders doen. Jeremia moet as profeet aan die volk die boodskap van die Here oordeel oor die sonde verkondig, maar hy moet ook verkondig dat die Here in sy liefde ‘n nuwe verbond met hulle sal sluit. Hierdie nuwe verbond is deel van die geestelike genesing wat die Here aan sy kinders sal gee deur die verdienste van Jesus Christus aan die kruis.
Die werking van die nuwe verbond.
Die gawe van ‘n nuwe verbond aan die volk van die Here het ‘n sekere werking in die midde van die volk. Die ou verbond is in die volk gegee deur dit op klip tafels te skrywe, maar die nuwe verbond sal in hulle harte ingeskrywe wees. So sal die nuwe verbondsverhouding in die kinders van die Here werk. Die implikasie hiervan is nou dat ons opnuut vir die Here lewe. Ons lewensgang word nou nie meer die onsself of deur die wêreld bepaal nie, maar deur die eis van ons Vader. Nou word ons opnuut geroep tot ‘n nuwe diensbaarheid waarin die eer van die Here voorop staan.
Die kennis deur die nuwe verbond.
Die wonder van die nuwe verbond is dat die kinders van die Here nie meer deur die bemiddeling van priesters en offers die Here sal ken nie. Die Here sal self deur sy Woord en Gees die kennis van sy kinders bewerk. Hierdie kennis vind sy hoogtepunt in Jesus Christus. Hy is die oorsprong en die bron van alle kennis van die Here. In Hom word die waarheid van die evangelie aan ons en ons kinders bedien, daarom staan Hy in die sentrum van alles wat ons van die Here leer.
29Desember2024
Leespreek - Oud Jan Venter (Preek van - Ds PA Snyman-Nuwejaar)
Sing: Ps.68:1; Ps.68:9; Ps.48:1; Ps.121:2,3;Ps.91:5,6
Lees: Gen28:1-22
Teks: Gen28:15-17
Tema: 'n God met ons!
22 Desember 2024
Sing: Ps. 97:1,6; Ps. 9:7; Ps. 42:1,3; Ps. 33:2,5; Ps. 105:5; Ps. 128:1,4.
Lees: Luk 1:57-66
Teks: Luk 1:66
Tema: Die genade van die Here vervul sy kinders met verwondering en blydskap.
Die gawe van God se genade
Die vervulling van God se beloftes wat reeds in die Ou Testament gegee is word duidelik in die Lukas evangelie verkondig. In die Ou Testament is die belofte reeds deur Maleagi gegee dat daar ‘n profeet sal kom wat die weg sal wys na die Messias. Die genade wat reeds aan Elisabet en Sagaria bewys het deur aan hulle in hulle ouderdom ‘n kindjie te gee. Die kindjie wat gegee word se naam beteken letterlik “die genade van die Here”. So word die geboorte van Johannes reeds die teken van die genade wat die Here in Christus aan sy volk sal betoon.
Die verwondering oor God se genade
Wanneer die mense hoor dat die seuntjie van Sagaria en Elisabet se naam Johannes sal wees is hulle met verwondering vervul. Die mense het oral oor hierdie gebeure begin praat. Hulle is in verwondering, nie net oor die geboorte en die naam van Johannes nie maar oor al die dinge wat in daardie tyd gebeur het. Die werke van die Here laat die gelowige kinders van God altyd in verwondering, want daardeur maak Hy die grootheid van sy almag bekend. Die werke van God het in ons diepste benoudheid en onsekerhede die wonderlikste uitwerking.
Die ontsag vir God se genade.
Wanneer die skare en die mense alles gesien het wat met Johannes se geboorte gebeur het bly hulle nie net in verwondering nie, maar hulle word met ontsag vervul. Met afwagting wil hulle verder sien wat met hierdie kindjie sal gebeur en hou die genade van die Here verder in sy lewe sal sigbaar word. Ons word ook by die bediening van die doop met verwondering en met ontsag vervul want ons word voor die groot genade werke van die Almagtige God gestel.
15 Desember 2024
Sing: Ps. 33:1,2; Ps. 33:6; Ps. 25:2,7; Ps. 46:1,4; Ps. 68:1,2.
Lees: Deut. 4:25-40
Teks: Deut. 4:35
Tema: Ons kan getuig dat die Here alleen God is wat gehoorsaamheid aan Hom eis
Tema: Ons kan getuig dat die Here alleen God is wat gehoorsaamheid aan Hom eis
Die Here is God alleen
Ons is bevoorreg om in hierdie tyd te kan terugdink aan die viering van die Gelofte. Dit is ‘n gebeurtenis wat getuig dat die Here waarlik goed is vir ons as volk. Dit is egter ook belangrik dat ons sal begryp dat dit nie in die eerste plek gaan oor ons besondersheid nie, maar oor die Here wat homself op ‘n besondere manier in ons geskiedenis bekend gemaak het. In die boek Deuteronomium word Israel opgeroep om te weet dat die Here ‘n enige God is en dat daar geen ander is nie. Dit maak hy in die geskiedenis bekend.
Die Here eis gehoorsaamheid aan Hom
Die feit dat die Here ‘n enige Here is het besondere gevolge vir Israel wanneer hulle die land in besit geneem het. Hulle word opgeroep om in alles aan die Here gehoorsaam te wees. Hierdie gehoorsaamheid beteken dat hulle aan die eenkant net die Here alleen mag aanbid en dat hulle aan die ander kant al sy gebooie en insettinge moet onderhou. Die Here eis gehoorsaamheid aan Hom omdat die volk dankbaar moet wees vir die verlossing wat Hy gegee het en omdat dit Hom verheerlik.
Die Here gee sy seën
Waar die volk die Here voor hulle stel as die enige Here en aan Hom en sy woorde gehoorsaam is sal Hy sy seën oor hulle gebied. Die Here se seëninge behels dat hulle lank in die land sal bly en dat dit met hulle in die land sal goedgaan. Die feit dat die Here hulle so sal seën is ook ‘n getuienis aan die ander volke dat die Here groter is as enige van die ander afgode. So kom alle eer Hom alleen toe.
8 Desember 2024
Sing: Ps. 75:1,2; Ps. 75:4; Ps. 139:1,9; Ps. 147:1,2,7; Ps. 103:1,9.
Lees: Luk. 1:5-25
Teks: Luk. 1:15-17
Tema: God stuur sy wegbereider om die volk voor te berei op die koms van sy Gesalfde
Tema: God stuur sy wegbereider om die volk voor te berei op die koms van sy Gesalfde
Die persoon van die wegbereider.
Die Here het in sy raad dit so beskik dat die geboorte van Christus voorafgegaan word van die wegbereider. Johannes die Doper is die een wat vir Sagaria en Elisabet gebore word wat hierdie heerlike taak sal hê. By die aankondiging van sy geboorte verseker die engel Gabriël vir Sagaria dat Johannes groot voor die Here sal wees en dat die volk bly sal wees oor sy koms. Die grootheid van Johannes is nie daarin gestel dat hy ʼn besondere mens is nie, maar hy is die een wat na Christus toe moet wys. Hy is die vriend van die bruidegom wat sy koms aankondig. Hy is nasireër van God wat Gees vervuld sy taak moet uitvoer
Die werk wat hy sal doen.
Hy is inderdaad groot voor die Here maar hy het ʼn spesifieke taak om voor die Here uit te voer. Die wegbereider is die persoon wat vooruit gaan om die koms van ʼn koning na ʼn stad aan te kondig. In ons teks is word die werk van Johannes gelykgestel aan dit wat Elia in die Ou Testament gedoen het. Hy sal die volk voorberei deur hulle op te roep tot bekering. Deur die krag van die Gees sal hy aan die Fariseërs, aan Herodes en elkeen wat sal kom die oproep tot bekering verkondig. is kinders van die Here het ons in hierdie dae ook die roeping om te volhard in die oproep tot bekering.
Die vrug op sy werk.
Die uiteinde van sy werk is dat hy ʼn toegeruste volk vir die koning daar sal stel. Hierdie toerusting wys daarop dat die volk gereed sal wees om deur die Here gebruik te word. Die bekering van God se kinders gaan nie in die eerste plek oor redding nie, maar oor die verheerliking van God se naam. Om bruikbaar te wees in sy diens moet ons inderdaad gereed gemaak word. In ons dae is daar nie Johannes die Doper nie, maar die Here het aan ons sy Woord en Gees gegee. Deur die Woord is ons toegerus om die oproep tot bekering te verkondig en so in diens van ons Here te staan.
1 Desember 2024
Sing: Ps.136:1,2,3; Ps136:19,20; Ps65:2,3; Ps42:1,5; Ps68:1,5.
Lees: Jes 41:8-20
Teks: Jes41:10
Tema: Ons hoef niks te vrees nie want God sal sy kinders bewaar.
Tema: Ons hoef niks te vrees nie want God sal sy kinders bewaar.
Die uitverkiesing van die Here
Dit wil vir ons dikwels voorkom of ons in ‘n hopelose situasie is. Sommige mense voel daar is geen hoop om in ons lewe te volhard nie, met die gevolg dat ‘n gees van moedeloosheid oor ons toesak. Die Here wil egter dat ons nie teen ons omstandighede vaskyk nie, maar ons ook op Hom gerig hou. Israel kon in in die moeilikste van omstandighede ook hulle oog gerig hou op die Here wat verlossing gee. In die midde van hulle donkerste uur van ballingskap kan hulle verseker weet dat hulle aan die Here behoort
Die beskerming van die Here
Die feit dat Israel die volk is wat die Here as sy eiendom uitgekies het, bied aan hulle ‘n besondere troos. Hulle hoef nie besorgd oor die toekoms te wees nie en hulle hoef nie angstig te wees nie, want die Here is die een wat hulle versorg. Hy is nie vêr van sy kinders af nie, want hy het in hulle midde kom woon en maak met hulle bemoeienis. Hy het ook sy reddende regterhand aan hulle openbaar. Dit getuig van die Here se krag en almag waarmee hy sy kinders bewaar. In Christus het die Here so naby aan ons gekom.
Die oorwinning deur die Here
Die troos van die Here se nabyheid het ‘n wonderlike effek vir die volk. Die Here sal sy oorwinning en sy seëninge aan sy volk bekend maak. Hulle sal versterk word en in die oorwinning deel. Dit is die genade wat die kinders van die Here in die gawe van Christus ontvang het. Ons Here Jesus Christus het die magte van die Satan oorwin sodat ons nou daarin kan deel. Hy het die dood vernietig sodat ons nou in Hom kan lewe. In hierdie nuwe lewe wat ons in Christus ontvang het, ontvang ons die Here se seëninge.
24 November 2024
Sing: Ps. 107:1,2; Ps. 107:10; Ps. 38:1,8; Skr. 8:1,2; Ps. 149:1,2.
Lees: Luk 15:25-32
Teks: Luk 15:31-32
Tema: Deur Christus se versoening die kan ons vrolik wees vir die lewe wat ons ontvang.
Die seëninge waarop ons aanspraak maak
Die oudste seun is die derde karakter wat in die gelykenis van die verlore seun na vore kom. Hy verteenwoordig die Fariseërs en die Skrifgeleerdes wat aanstoot neem omdat Christus met die tollenaars en die sondaars meng. Hulle neem aan dat hulle in ‘n nabye verhouding met die Here leef bloot omdat hulle die besondere volk van die Here is. Hulle ag hulle self meer as die sondaars wat rondom hulle is en reken dat daardie ander nie in die seëninge mag deel wat die Here gee nie.
Die herstel wat Christus gee
Die genade wat die vader aan die jonger broer betoon het eis dat die ouer broer juis sal verstaan dat die vader genadig is oor wie hy genadig wil wees. Die gesprek wat die ouer broer met ‘n ander dienskneg het verkondig die wonderlike genade wat die vader aan die jonger seun betoon het. Hy het weer teruggekom. Die genade wat die Here aan ons gee in Christus gaan ons menslike verstand te bowe, want die gawe van die Here se genade is nie afhanklik van ons optrede nie.
Die blydskap waarin ons deel
Die seun word nou ook opgeroep tot blydskap want hier in hulle midde het iets besonders gebeur. Sy broer wat verlore was en in die dood was het weer lewend geword. Dit gee aanleiding tot vrolikheid en blydskap vir die gelowiges. Dit is nie net in die hemel wat daar blydskap is oor die sondaar wat tot bekering kom nie, maar ook hier op aarde. As gelowiges moet ons in hierdie blydskap met mekaar deel.
17 November 2024
Sing: Ps. 18:1,2; Ps. 18:14; Ps.25:2,7; Skr. 33:1,2; Ps. 23:3; Ps. 116. Ps. 33:1,5.
Lees: Luk 15:11-24
Teks: Luk 15:24
Tema: Christus het ons deur sy dood die lewe gegee sodat ons naby aan ons Vader en aan mekaar kan leef.
Die ellende van die dood
Die hartseer implikasie van die mens se sondeval was dat daar ‘n verwydering tussen ons en God en in al ons verhoudings gekom het. In die gelykenis van die verlore seun leer Christus sy dissipels en die Skrifgeleerdes wat die gevolge van hierdie werklikheid is. Die jongste seun gaan ver weg van sy ouerhuis af en verkwis sy erfdeel in ‘n ander land. Eindelik bevind hy homself in omstandighede wat vir hom soos die dood is. Met opregte berou keer hy terug na die vader huis sodat hy hom weer kan dien. Wanneer ons voorberei om na die Nagmaal van die Here te kom moet is dit nodig dat ons sal verstaan watter geweldige gevolge die sonde in ons lewe het. Ons sondige natuur het verwydering tussen ons en die Here gebring
Die genade van die lewe
Wanneer die Seun in sy sondebesef na sy vaderhuis terugkeer weet hy dat dit menslik nie moontlik is dat hy weer in die dieselfde posisie sal wees as voorheen nie. Daarom sal hy te vrede wees om maar net ‘n dienskneg te wees. Die vader van die huis is egter meer genadig as wat ons dink menslik moontlik is. Hy het gewag dat sy seun sal terug kom en hom eindelik verbly toe hy hom sien. Hy herstel sy posisie as sy kind dadelik en gee opdrag dat ‘n fees gereed gemaak moet word. Hierdie seun wat dood was lewe weer en nou het hy weer teruggekom na sy vader toe. Wanneer ons nou aan die nagmaal tafel aansit is die genade van Christus vir ons geopenbaar want deur sy dood lewe ons en kan ons deel in die fees wat ons Vader vir ons berei het.
10 November 2024
Sing: Ps. 145:1,2,3; Ps. 145:8; Ps. 102:1,8; Ps. 9:1,5,7; Ps. 100:1-4; Belydenis van geloof; Ps. 134:4.
Lees: Rom. 10:1-21
Teks: Rom. 10:9
Tema: Ons glo en bely die eenvoudige evangelie dat Christus die dood oorwin het
Die inhoud van ons belydenis
In die brief aan die Romeine is Paulus besig om die rykdom van die evangelie aan hierdie gemeente uiteen te sit. Dit is belangrik dat hy ook beklemtoon dat die heidene en Israel nie op verskillende maniere gered word nie. Israel het wel die wet ontvang en is die verbondsvolk van die Here, maar daar is ook alleen deur die verdienste van Christus vir hulle redding. Die Here se kinders kry alleen deur die geloof deel aan hierdie saligheid.
Die roeping van ons belydenis
Die kinders van die Here wat die eenvoudige goeie nuus van die evangelie met die hart glo, sal dit ook met die mond bely. Hierdie belydenis is ‘n getuienis van dit wat Christus aan die kruis gedoen het en die prys wat Hy betaal het. Hierdie belydenis van ons word voortgebring deur die bediening van die Woord wat ons elke Sondag hoor. Die Here stuur die predikers en gee die gawes sodat ons in die geloof kan groei en met sekerheid Christus kan bely.
Die gevolg van ons belydenis
Die gevolg van ons geloof en belydenis is vir ons tot redding. Ons moet verstaan dat dit nie ons geloof is wat ons red nie, maar Christus wat aan die kruis gesterf het en uit die dood opgestaan het. Deur die geloof kry ons daaraan deel en met ons belydenis getuig ons daarvan in dankbaarheid. Hier word ook ‘n dringende waarskuwing gerig, want Israel het te midde van die verkondiging wat hulle gehoor het, nie ag gegee op die evangelie nie en eindelik Christus verwerp.
3 November 2024
Sing: Ps. 91:1,6; Ps. 91:8; Ps. 65:2,3; Ps. 34:1,3,8; Ps. 33:6,11
Lees: Matt. 15:21-28
Teks: Matt. 15:28
Tema: Ons groei in afhanklikheid van Christus deur beproewing in die geloof.
Die oënskynlike stilte van Christus.
Dit is die wil van die Here dat ons voortdurend in die geloof sal groei sodat ons meer die gestalte van Christus sal vertoon. Hy bewerk hierdie groei op verskillende maniere, maar ook deur beproewing. In die ontmoeting wat tussen die Kananese vrou en Christus plaasvind sien ons hoe haar beproewing haar al hoe meer en dringender in die geloof aan Christus vasgryp. Haar hulpkreet word egter met stilte begroet. Dikwels voel dit ook vir ons of ons gebede na God met stilte begroet word.
Die oënskynlike verwerping deur Christus.
Eindelik word die stilte gebreek en Christus gee ag op haar geroep, maar die antwoord van ons Here is amper meer skokkend as wat die stilte was. Dit wil voorkom of Hy haar geheel en al verwerp, asof Hy geen ag op haar kreet gaan gee nie. Die tyd het egter nog nie aangebreek dat die woord en daadprediking van Christus na die nasies uitbrei nie. Hy het vir die skape van Israel gekom en die seëninge van gesondmaking is vir sy volk bedoel. Ons is nie geregtig op die genade van die Here nie, want ons is maar ellendig in ons sonde.
Die seker gawe van Christus.
Op hierdie stadium wil dit voorkom of sy maar moet moed opgee en haar beproewing self deurworstel. Maar sy volhard om by die Here te pleit want Hy is haar enigste hoop. In Christus se antwoord aan haar bevestig hy die grootsheid van haar geloof en haar dogter word gesond. Hierdeur leer die Here sy dissipels dat Hy inderdaad gekom het om Israel te red maar dat dit ook aan de heidene gegee sal word. Die gawe van geloof is vir die vrou en haar dogter bestem. Dit is die rykdom van sy gawes wat Hy gee.
27 Oktober 2024
Sing: Ps. 92:1,2; Ps. 92:5 Ps. 130:1,2,4 Skr. 31:1,3; Ps. 46:1,4,6.
Lees: Psalm 11
Teks: Psalm 11:3
Tema: Te midde van bose aanslae sal die Here sy regverdigheid en genade openbaar.
Hopeloosheid van die bose aanslag
Psalm 11 is n gedig van Dawid wat hy in die midde van diep beproewing en geweldige aanslae onder inspirasie van die Heilige Gees geskryf het. In die midde van die aanslae wat hy beleef vind hy altyd sy skuiling by die Here. Hy het egter nie alleen in die lewe gestaan nie en dikwels het hy raad van sy vriende en raadgewers ontvang. Hulle raad is nou vir hom dat hy moet vlug en homself een beskerm. Die fondament word omgegooi en dan kan niemand meer iets doen nie. dikwels voel ons hopeloos in die midde van aanslae wat ons beleef.
Sekerheid in die Here se koningskap
Die kind van die Here bly nie in die midde van die aanslae vasgevang in hopeloosheid nie, maar kan die geloofsoog op die Here rig. Dit is immers daarin Dawid ware troos en versterking vind. Die wete dat hy altyd sy toevlug tot die Here kan neem is die fondament van sy vertroue. Die Here is koning en Hy is op sy troon vanwaar hy alles in die skepping onderhou en regeer. Die Here is die Alsiende en die Alwetende in die midde van ons lewe. Daarom het ons die sekerheid dat daar niks is wat met ons gebeur wat nie in die Here se
raad bestaan nie.
Oordeel en genade voor die Here se aangesig
Die Here sien egter nie net ons beproewings nie, maar Hy tree ook daarin op. Hy tree op teen die goddeloses en maar ook vir die regverdiges. Die Here sal sy regverdige oordeel bring oor almal wat hulle teen die kinders van die Here vergryp, maar Hy sal ook genade aan die regverdiges betoon. Deur die verdienste van Jesus Christus het ons die sekerheid dat ons weer voor die aangesig van die Here kan leef. Daarom kan ons altyd ons toevlug na Hom neem.
20 Oktober2024
Sing: Ps. 150:1,3; Ps. 107:1; Ps. 25:6,7; Ps. 71:1,2; Ps. 118:1,2
Lees: Matt 16:13 13-23.
Teks: Matt 16:17 17-19.
Tema: God bou sy gemeente onvernietigbaar op die belydenis van Jesus Christus sy Seun.
God openbaar Christus.
In die omwandeling van Christus op aarde het Hy deur sy woorde en dade
verkondig dat die koninkryk van God naby gekom het. Christus is die
gesalfde wat as koning in die ryk van die Vader optree. Met hierdie tema in
gedagte vra Christus nou sy dissipels wie hulle sê Hy is. Petrus antwoord
duidelik dat Hy die Christus is, die een wat as gesalfde kom om die
koninkryk van God te vestig en te herstel. Hierdie belydenis van Petrus is
nie iets wat hy self bedink het of wat ander aan hom vertel het nie, maar
dit is wat die Vader deur sy Gees aan sy kinders openbaar. Die wat hierdie
openbaring ontvang is salig.
Christus bou sy gemeente.
Die gevolg hiervan is dat Christus sy gemeente op hierdie hoeksteen van
Petrus se belydenis sal bou. Die rots weerspieël ook in die naam wat Petrus
ontvang. Dit is nie omdat hy ʼn besondere persoon is nie, maar omdat hy
begenadig is om die openbaring van Christus as die seun van God kon
ontvang. Die bouwerk van Christus dra ook ʼn besondere karakter in die
wete dat sy bouwerk onvernietigbaar is. Hy sal die werke van sy hande nie
laat vaar nie en hy bewaar en beskerm sy gemeente in tot by die
wederkoms. Hy is die hoeksteen en waar die waarheid van sy evangelie
woord verkondig word sal die kerk altyd onder die beskerming van
Christus wees.
Die gemeente hanteer die sleutels van die koninkryk.
Wanneer ons hierdie dinge hoor mag ons moontlik onder die indruk wees
dat die gemeente eintlik passief in sy eie bestaan is. Ons mag moontlik
dink dat ons maar net rustig met ons lewe kan voortgaan want hierdie
gemeente sal tog altyd bestaan. Christus leer egter dat Hy in sy bouwerk
juis die sleutels van die koninkryk aan sy kerk gee. In die eerste plek wys
dit op die geweldige roeping van die ampsdraers om in gehoorsaamheid
aan die Here se woord in die midde van die gemeente te regeer, maar dit
wys ook op die verantwoordelikheid van elkeen van ons oor mekaar te
waak en mekaar met die waarheid van die evangelie te bedien.
13 Oktober 2024
Sing: Ps. 105:1,3; Ps. 105:4; Ps. 25:1,3; Ps. 115:1,7,8; Ps. 71:1,9,10.
Lees: Deut. 3:21-29
Teks: Deut. 3:26
Tema: Die Here voer sy raad deur al is sy antwoord nee op ons gebede.
Die versoek
Moses is die man wat deur die Here uitgekies is om sy volk uit die slawehuis van Egipte uit te lei, deur die omswerwinge van die woestyntyd deur te lei, maar hy mag nie die volk die beloofdeland in lei nie. Die rede hiervoor is eerstens omdat hy nie gehoorsaam aan die Here was by die waters van Meriba toe hy die rots geslaan het nie. Te midde van die feit dat hy die volk nie mag inlei nie het hy in die gebed telkens tot die Here gesmeek. Ons bid dikwels met goeie bedoelinge dat die Here tog iets sal toelaat ter wille van ons.
Die antwoord
In die geskiedenis wat Moses aan die volk vertel meld hy dat hy die Here gesmeek het om tog die land in te gaan, maar die Here het geweier. In so mate dat Hy Moses ernstig vermaan het dat dit genoeg is en dat hy nie verder moet vra nie. Maar die Here weier nie net vanweë Moses se sonde nie, maar ook die van die volk. Moses is die middelaar wat ook verantwoording vir die volk se sonde dra, maar hy is onvolmaak en kan hulle nie van hulle oortredinge verlos nie. daarom kan hy hulle nie in die land inlei nie.
Die roeping
Tog laat die Here Moses nie net daar nie. Hy laat Moses toe om die land te sien, maar sy taak is nou om Josua te versterk en te bemoedig om die taak wat hy begin het af te handel. Eindelik openbaar die Here aan Moses dat hy nie ʼn volmaakte middelaar is nie en dat daar een na hom sal kom. Jesus Christus is die middelaar wat sy kinders uit die slawehuis van die sonde verlos het, maar ook in die ewige woning van die Vader inlei.
Sing: Ps. 75:1,2,4; Ps. 33:6; Ps. 91:1,2; Ps. 86:5,6; Skr. 24:1,5.
Lees: Heb. 9:1-14
Teks: Heb. 9:14
Tema: Christus reinig ons gewete sodat ons die lewende Here kan dien
Die offer van Christus
Die kruising van die ons Here Jesus staan in die sentrum van ons geloofslewe. Hy het aan die kruis voor ons sondes betaal en ons weer met ons Vader versoen sodat ons die ewige lewe kan hê. hierdie wonderlike verlossings feit het nie net betekenis vir ons toekoms nie, maar vir ons daaglikse lewe. In die brief aan die Hebreërs leer die Here ons hoe die Ou Testament heengewys het na Christus toe en dat al die offers wat die volk gebring het vorentoe gewys het na die een offer van Christus.
Die reiniging van ons gewete
Soos die hoëpriester in die allerheiligste moes ingaan om op die groot versoendag die volk voor die Here te reinig het Christus dit deur sy kruisdood gedoen. Hy het ‘n eenmalige en volkome versoening vir ons bewerk, maar daarmee saam het hy ons gewete gereinig van die dooie werke. Die gewete wys hier op die innerlike gedagte van ‘n mens om te onderskei tussen reg en verkeerd. Deur die sonde is ons gewete so besmet dat ons weet ons staan skuldig voor die Here, maar Christus het dit vir ons kom verander dat ons in ware vreugde lewe
Die diens aan die Here
Wanneer die kinders van die Here se gewete deur Christus gereinig is word ons geroep om Hom dien. In ons Skrifgedeelte word die dooie werke en diens aan die lewende Here teenoor mekaar gestel. Die dooie werke waardeur die mens self probeer om God se guns te wen, baat ons niks. Dit wat ons egter as nuwe mense wat deur Christus gereinig is doen getuig van dankbaarheid en diensbaarheid aan Hom. Ons kan die Here alleen in waarheid dien omdat ons deur Christus rein gewas is en vernuwe is.
Sing: Ps. 48:1,4; Ps. 48:5; Ps. 105:23,24; Ps. 103:1,3; Ps.147:1,2
Lees: Efesiërs 4:17-32
Teks: Efesiërs 4:20-21
Tema: Ons het Christus leer ken daarom leef ons nuut
Dit wat ons was
Paulus skryf ʼn omsendbrief aan gemeentes in die omgewing van Efese en Laodisea om aan hulle toe te rus wat dit beteken om kerk te wees. Die gemeente is die liggaam van Christus en moet dit as ʼn getuienis in die wêreld uitleef. Daarom doen Paulus ʼn ernstige beroep op die gemeente om te weet wat hulle was. Die gemeente van die Christus moet weet dat hulle vroeër soos die heidene in die wêreld was en dat hulle nou nie meer soos hulle moet wees nie. Hulle lewe nou ʼn nuwe lewe
Hom wat ons ken
Teenoor die onrein lewenswandel van die heidene staan die nuwe lewe waarin die gemeente van Christus moet wandel. Die nuwe lewe het vir die gelowiges begin toe hulle Jesus as die Gesalfde leer ken het. Dit is wat die gemeente van Christus onderskei van die wêreld, naamlik dat hulle onderrig is in wat dit beteken om aan Christus te behoort. Die wat van hom gehoor het en Hom leer ken het en nou aan Hom behoort moet op hierdie nuwe lewensweg volhard.
Dit wat ons word
Die nuwe lewe waarop die gemeente nou moet volhard, spruit voort uit die feit hulle nuut gemaak is. Wat die nuwe lewe behels word duidelik deur Paulus geleer. Dit behels dat die ou mens uit getrek moet word soos ʼn mens vul klere uittrek en dan innerlik vernuwe word. Die Heilige Gees vernuwe ons innerlik sodat ons opnuut in hierdie wêreld kan leef. Dit is ʼn lewe wat gekenmerk word deur geregtigheid en heiligheid, waarin ons hele lewe aan God gewy word.
©Gereformeerde Kerk Magol 2024